Servicios Personalizados
Revista
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
DU BRUYN, Derek. "To make a shape in a tree": Mondelinge beskry-wings van tuine, tuinstyl en tuinmaak in die Batho-township, Bloemfontein. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.741-775. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a1.
In 1918 is Batho as 'n "modellokasie" gestig om Bloemfontein se ou Waaihoek-lokasie te vervang. Waaihoek se inwoners is geleidelik in Batho hervestig. Anders as die meerderheid lokasies in die Unie van Suid-Afrika, was Batho se standplase groot genoeg om voortuine te kon uitlê. Daarbenewens is 'n tuinkultuur en -kennis van Waaihoek na die Batho-tuiners van die een geslag na die volgende oorgedra. Dus is 'n verinheemsde Europese tuinstyl, gekenmerk deur formaliteit, 'n simmetriese uitleg, geometriese blombedddings en vormsnoeikuns (topiary), deur die Batho-tuiniers aangewend om hulle tuine te verfraai. Sedert Batho se ontstaan het verskeie faktore die maak van tuine en die toepassing van tuinstyle beïnvloed, insluitende klimaatsomstandighede, inisiatiewe om tuinmaak in Batho te bevorder, sosio-ekonomiese omstandighede sowel as misdaad en kriminaliteit. Mondelinge onderhoude wat met Batho-tuiniers gevoer is, het lig gewerp op die redes vir die tuiniers se voorkeur vir formaliteit en vormsnoeikuns; die bestaan van 'n diverse tuinwoordeskat onder Batho-tuiniers; die wyse waarop misdaad en kriminaliteit tuinstyl en vormsnoeikuns beïnvloed; die tuiniers se verhouding met hulle tuine; en waarom hulle ten spyte van uitdagings steeds tuingemaak het. Die Batho-tuiniers se herinneringe en beskrywings (testimonies) is die belangrikste bron van inligting vir hierdie artikel; daarom word daar van direkte aanhalings gebruik gemaak om die tuiniers "namens hulself te laat praat". Sleutelargumente word gevoer oor waarom die inwoners tuingemaak het en die wyse waarop hulle dit gedoen het. Dit sluit onder andere die verskynsel van "generasie-tuinmaak" in waardeur tuinkennis en vaardighede, hulpmiddele soos tuingereedskap, saad en plantsteggies en 'n tuinkultuur van geslag tot geslag oorgedra word.
Palabras clave : Batho; mondelinge geskiedenis; mondelinge beskrywings; tuiniers; tuine; tuinstyl; vormsnoeikuns; tuinmaak; tuingeskiedenis; tuinwoorde-skat; misdaad; emosies.












