Servicios Personalizados
Revista
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
CLOETE, Cari y GREYLING, Franci. Die vampierkus: Spore van die Gotiek in bonatuurlike jeugliefdesverhale, met Twilight (2005) en Elikser (2021) as voorbeelde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.2, pp.670-692. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a6.
Sedert Stephenie Meyer se tienerroman Twilight (2005) op die boekrakke verskyn het, het die populariteit van die bonatuurlike liefdesverhaalgenre internasionaal toegeneem en ook die Afrikaanse jeugliteratuur beïnvloed. In hierdie artikel word die spore van die Gotiek binne hierdie literêre tendens ondersoek. 'n Kernkenmerk van die bonatuurlike liefdesverhaal ("paranormal romance") is die sentrale rol wat die liefdesverhouding in die storie speel, dikwels tussen 'n jong meisie en 'n bonatuurlike wese soos 'n vampier. Die doel met hierdie artikel is om 'n gaping te vul wat tot nou toe weinig aandag ontvang het: die publikasie van Afrikaanse bonatuurlike jeugliefdesverhale. Ons begin deur die historiese skakeling tussen die Gotiese roman en die bonatuurlike liefdesverhaal aan te toon, terwyl ons Gotiese karaktertipes, soos die Radcliffe-heldin en die vampier, se kerneienskappe uitlig. Daarna word daar gefokus op die ontwikkeling van die vampierkarakter, vanaf John Polidori se The Vampyre (1819) tot by Stephenie Meyer se Twilight (2005), met spesifieke verwysing na Anne Rice se Interview with the Vampire (1976) en haar bydrae in die totstandkoming van die sogenaamde "sympathetic vampire". Vervolgens bespreek ons twee jongvolwasseromans, Twilight (2005) deur Stephenie Meyer en Elikser (2021) deur Frenette van Wyk. Daar word gefokus op die belangrikste tendense in die evolusie van karakters en verhoudings, asook die beduidendste ooreenkomste en verskille tussen die twee voorbeeldtekste en die klassieke Gotiese roman, spesifiek met betrekking tot karakters, ruimtes en temas. Spesiale aandag word gegee aan die ontwikkeling van die Radcliffe-heldin en die vampier as Byroniese held, en hoe hierdie karaktertipes in moderne vampierromans herskep word om die behoeftes en verwagtinge van 'n hedendaagse leserskap te weerspieël.
Palabras clave : Gotiekgenre; paranormale liefdesverhaal; bonatuurlike liefdesverhaal; kinder- en jeugliteratuur; jongvolwassefiksie; karaktertipes; vampier; Byroniese held; Gotiese heldin; Stephenie Meyer; Ann Radcliffe; Anne Rice; Frenette van Wyk; Twilight; Elikser; Afrikaanse letterkunde.












