Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
DU PLESSIS, Nita-Mari; VOS, Elize and MEYER, Susan. Onderrig- en leerriglyne om selfgerigte leer in die graad 7-Afrikaans Huistaalklaskamer te ontwikkel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.2, pp.650-669. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a5.
Selfgerigte leer verskuif die fokus van onderwyser- na leerdergesentreerde onderrig, wat leerders bemagtig om hul eie leerbehoeftes te identifiseer, doelwitte te stel, hulpbronne te kies, leerstrategieë te implementeer en oor vordering te besin. Die tegnologiese vooruitgang in die onderwys het oorvloedige kennisbronne aan taalleerders beskikbaar gestel, wat die behoefte om selfgerigte leer te kweek, beklemtoon. Onafhanklike werk is 'n integrale deel van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir graad R tot 12 en bevorder die ontwikkeling van die vakkennis, vaardighede en waardes wat nodig is om lewensuitdagings die hoof te bied. Verder berei selfgerigte leer leerders voor vir tersiêre onderwys deur tydsbestuur-, probleemoplossings-, aanbiedings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel. Die implementering van selfgerigte leer in die klaskamer vereis egter noukeurige beplanning en 'n verskuiwing in sowel onderwyser- as leerderrolle. 'n MEd-studie, waarop hierdie navorsingsartikel gebaseer is, is in 2024 afgehandel. Die navorsing het op die tekort aan selfgerigte leer in die graad 7-Afrikaans Huistaalklaskamer gefokus. Die studie het 'n interpretivistiese navorsingsparadigma en kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg. Dit het 'n literatuurondersoek, dokumentontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings-beleidsverklaring vir graad 7-Afrikaans Huistaal en aanlyn oopeindevraelyste aan graad 7-Afrikaans Huistaalonderwysers ingesluit om die primêre navorsingsdoelwit te bereik, naamlik om onderrig- en leerriglyne saam te stel om selfgerigte leer by graad 7-Afrikaans Huis-taalleerders te ontwikkel.
Keywords : Graad 7-leerders; Afrikaans Huistaal; selfgerigte leer; taalvaardighede.












