SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número2Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with FoucaultNP van Wyk Louw's ideal of justice índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    STANDER, Alison Gretchen  y  VAN NIEKERK, Angelique. 'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.2, pp.624-649. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a4.

    Die Covid-19-pandemie het opvoeders gedwing om hul onderrigmodus byna oornag aan te pas vir 'n (gemengde leer) virtuele klaskamer. Nie net is almal gedwing om aanlyn klas te gee nie, maar opvoeders moes in terme van onderrig besin oor onder meer die aard van assesserings, maniere om studentebetrokkenheid te bewerkstellig, die hoeveelheid en watter soort inhoud aanlyn geplaas moes word, ensovoorts. Ná die pandemie het gemengde leer nuwe momentum verkry en kunsmatige intelligensie het al meer prominent geraak wat die besinning oor wat en hoe en aan wie onderrig word, steeds geldig maak. Die fokus van hierdie artikel is die daarstelling van 'n onderrigmodel vir volwasse studente in spesifiek 'n laetegnologie-omgewing met die uitkoms gerig op taalverwerwing. Die model is primêr gebaseer op 'n uitgebreide literatuurstudie, die terugvoer van studente (behoefte en ervaring) in 'n Afrikaanse vreemdetaalkursus teen die algemene/ breë agtergrond van die ondersoekers se ervaring as dosente in beide aanlyn as gemengdeleerkursusse. Die voorgestelde model bestaan uit drie kernkomponente: taalverwerwing (wat), die volwassene as student (wie) en die modus van aanbieding (hoe). Die resultate van die ondersoek het uitgeloop op die daarstelling van riglyne vir elke aspek van die onderrigmodel wat betref 'n verwante uitkoms, vir studente met 'n vergelykbare profiel in 'n vergelykbare laetegnologie-omgewing.

    Palabras clave : volwasse studente; vreemdetaalaanleer; vreemdetaalverwerwing; laetegnologie-omgewing; aanlyn assessering; aanlyn leer en onderrig; model vir die onderrig van taalverwerwing; Afrikaans; kursusontwerp; Suider-Afrika; taalvaardighede.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )