SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    WOLHUTER, Charl  e  CARSTENS, WAM. 'n Ondersoeksambreel vir die benadering tot Afrikaans in die onderwysomgewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.2, pp.574-606. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a2.

    Onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR), in samehang met vennote soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) en ander onderwys- en gemeenskapsgerigte instellings of organisasies, is daar in die loop van 2021 'n nasionale navorsingsprojek oor die stand van Afrikaans van stapel gestuur. Die motivering daarvoor was 'n omvattende Nederlandse projek ("Staat van het Nederlands") oor die stand van Nederlands, waaruit afleidings gemaak kon word oor die stand van sake betreffende verskeie belangrike taaldomeine. Hierdie afleidings kon dan vir beplanningsdoel-eindes gebruik word. Die ondersoek kan ook as 'n opvolgprojek van die destydse Voortsettingskomitee (van 'n simposium in September 2003 in Pretoria) se taaloudit oor Afrikaanse taalprojekte, verenigings en energieë in 2004 beskou word. Die 2004-taaloudit het die basis gevorm vir die uiteindelike totstandkoming van 'n liggaam wat die belange van Afrikaans tot 'n verteenwoordigende Afrikaanse stem sou konsolideer. Vir die doel van die Afrikaanse ondersoek is daar besluit om op vyf domeine te konsentreer, te wete Afrikaans in die ekonomie, Afrikaans in die gesondheidsektor, Afrikaans in die regspraak, Afrikaans in die godsdiens en Afrikaans in die onderwyssektor. Die agtergrond vir die keuse van hierdie domeine word in die artikel verskaf en gemotiveer. Die doel van hierdie artikel is die toeligting en verduideliking van die proses van die ondersoek na Afrikaans in die onderwyssektor. Die historiese en sosio-politieke konteks wat aanleiding tot die ondersoek gegee het, word geskets. Die keuse van die vyf domeine word gemotiveer. Dan verduidelik die skrywers hoe 52 sleuteltemas, wat ten doel het om 'n navorsingsregister oor Afrikaans in die onderwyssektor te vorm, geïdentifiseer is. Die temas word daarna opgenoem en kortliks toegelig.

    Palavras-chave : Afrikaans; grondwetlike regte; domeine van taalgebruik; onderwys; opvoedkunde as akademiese vakgebied; onderwyskwaliteit; onderwysleierskap; onderrigtaal; taalbeplanning; taalpolitiek; stand van Afrikaans; vlakke van taalwelstand.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )