SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    BORNMAN, Elirea; STEENKAMP, Conrad  e  WIERENGA, Rone. Die stand van Nederlands: 'n Oorsig van tendense in Nederlandssprekende gebiede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.2, pp.546-573. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a1.

    Die artikel fokus eerstens op faktore wat die vitaliteit van 'n taal bepaal soos uiteengesit in 'n 2003 UNESCO-verslag. Daar is gekyk na die vitaliteit van Nederlands in die lande en streke waar Nederlands vandag gepraat word. Die taalgeskiedenis en talesituasie in Nederland, Vlaandere en Suriname word kortliks onder die loep geneem. Verdere besprekings word gebaseer op die Staat van het Nederlands-opnames wat in 2016, 2018 en 2020 gedoen is onder respondentpanele van Nederland, Vlaandere, Brussel en Suriname. Daar word ook aandag gegee aan die situasie van Fries in Friesland. Verskillende samelewingsdomeine soos kommunikasie met familie en vriende, algemene sosiale verkeer, die werksplek, kommunikasie binne godsdienstige kontekste, die media (sosiale media ingesluit), die kulturele domein, asook houdings teenoor Nederlands word bespreek. Bykomende inligting uit ander bronne is bygewerk. Ten slotte word besin oor implikasies van die resultate vir Afrikaans vandag.

    Palavras-chave : Nederlands; vitaliteit van 'n taal; stand van Nederlands; Vlaandere; Suriname; sosiale domein; godsdiensdomein; werksplek; media en kultuur.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )