SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    BRINK, Linda. Hoogtepunte van die SA Akademie gedurende die tydperk 2009-2025. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.500-518. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a24.

    In hierdie bydrae word gefokus op die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in die tydperk ná die Akademie se eeufees in 2009. Die geskiedenis wat 2009 voorafgegaan het, is in verskeie bronne gedokumenteer, soos in Hertzog en Nienaber (1950), Moll (1984) en Kapp (2009).2 In die genoemde tydperk, naamlik 2009 tot 2025, het die Akademie se werksaamhede redelik konstant gebly en was die Akademie steeds getrou aan sy doelstellings, naamlik die ontwikkeling en bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en die gehalte van Afrikaans. 'n Oorsig word gegee oor aktuele sake en projekte waarmee die Akademie die afgelope 16 jaar deurlopend besig was, wat wissel van erkenning vir uitnemendheid, ontwikkeling van woordeboeke, die uitgee van twee vaktydskrifte wat die mens- en natuur-wetenskappe onderskeidelik dek, sowel as ander publikasies, uitreiking na ander Akademies in die buiteland, die omarming van die digitale wêreld in al sy fasette, en vele meer.

    Palavras-chave : Afrikaanse taal; Hertzogpryswenner-huldigingsreeks; kunsversameling; ooptoegangtydskrifte; taalkommissie; VivA.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )