SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    CARNEY, Terrence R. Wat sê die Grondwet nou eintlik? Aantekeninge oor grondwetlike taalregte en die beperkinge daarop. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.441-450. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a19.

    Om goeie burgers te wees, moet Suid-Afrikaners weet en verstaan wat die Grondwet sê. Konstitusionele geletterdheid is van kardinale belang vir sowel die vooruitbeweeg van demokrasie as die versekering dat die individu se basiese regte nie vertrap word nie. Dit is veral van toepassing op taalregte en in die besonder die reg om Afrikaans in amptelike ruimtes te mag gebruik. Hoewel die ontwikkeling en gebruik van Afrikaans die afgelope honderd jaar sowel gegroei het as gekniehalter is, bied die Grondwet nog steeds beregtiging. Ondanks die feit dat die amptelike status van Afrikaans inderwaarheid afgeneem het, beskerm die Grondwet sprekers met betrekking tot hul kulturele uitleef van Afrikaans, asook die reg om in Afrikaans onderrig te mag word. Noodsaakliker is Afrikaanssprekendes se verskanste reg om met die owerheid binne die regsisteem te mag kommunikeer, in Afrikaans. Om dié rede moet Afrikaanssprekendes 'n aktiewer rol speel by sowel die beskerming as die gebruik van Afrikaans as amptelike taal. En, juis daarom moet taalkundiges en taalnavorsers by die bestudering van taal (ook Afrikaans) binne die groter regskonteks betrokke raak.

    Keywords : Afrikaans; amptelike taal; grondwet; konstitusionele geletterdheid; konstitusionele taalregte.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )