SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    NAUDE, JA. Die rol van die 1920-proefvertaling in die ontluiking van Afrikaans as 'n Bybeltaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.402-426. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a17.

    Nadat die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk goedkeuring verleen het vir 'n vertaling van die Bybel in Afrikaans tydens die sitting van 25 Mei 1916, het die vertalers voor 'n moeilike probleem te staan gekom. As skryftaal het Afrikaans nog nie 'n vaste vorm gehad nie en daar moes derhalwe na 'n eenvormige standaard gesoek word. Om dit te verkry, het die vertalers op 4 April 1917 besluit om eers 'n voorlopige vertaling van die Evangelie van Johannes, die boek Hosea en die boek Jona te maak en dit privaat te sirkuleer sodat 'n standaardteksvorm vasgestel kon word. Hierdie proefvertaling wat deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) gepubliseer is, is in 1934 as verlore aangemeld. Op 16 Maart 2023 is die vertaling egter in die NG Kerk Argief op Stellenbosch opgespoor. In hierdie bydrae word die ontluikende rol van die 1920-proefvertaling vir Afrikaans as Bybeltaal gedemonstreer deur die beskrywing en ontleding van geselekteerde vertaalvoorstelle en -keuses. As een van die tekste van 'n aanvangstekensisteem vir 'n Bybelvertaling in Afrikaans word die trajek daarvan gevolg deur die proefvertalings van 1922 en 1929, sowel as die eerste volledige vertaling van 1933 (en sy hersiening in 1953), om die invloed daarvan op die ontluiking van Afrikaans as Bybeltaal te bepaal.

    Palabras clave : vertaalkunde; Kobus Marais; Christiane Nord; Bybelvertaling; proef-vertaling; trajek; taalontwikkeling; skryftaal; omgangstaal; hedendaagse taalgebruik; aanspreekvorm; voornaamwoord; eienaam; betreklike voornaamwoord; attributiewe byvoeglike naamwoord; wisselvorm; kerktaal; Seun van die Mens; Afrikaans; Nederlands.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )