SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    KEURIS, Marisa. Afrikaanse drama en toneel van 1925 tot 2025: Enkele teaterhistoriese opmerkings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.383-401. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a16.

    'n Voëlvlug oor honderd jaar van Afrikaanse drama en toneel wys uit dat twee perspektiewe meestal gevolg is in die optekening van hierdie tydperk, naamlik 'n benadering wat oorwegend fokus op die drama as 'n literêre teks wat as sodanig in die onderskeie literatuurgeskiedenisse bespreek is (vergelyk bronne soos Antonissen, Dekker, Cloete, Kannemeyer, Van Coller), en 'n ander benadering wat weer fokus op die toneelaktiwiteite en -ontwikkelinge van hierdie periode, (soos gevind in die werke van onder andere Bosman, Binge en Botha). In hierdie artikel pleit ek vir 'n geïntegreerde benadering (met verwysing na die bekende teaterhistorikus Postlewait (2009) se werk) en illustreer aan die hand van vier hooftydperke hoe bepaalde gebeurtenisse binne die Afrikaanse toneelgeskiedenis die produksie van dramas in hierdie jare beïnvloed en bepaal het. Die vier tydperke wat onderskei word, is (1) die vroeë ontwikkeling van die Afrikaanse drama en toneel (1925-1947): pioniers en baanbrekers; (2) die Nasionale Teaterorganisasie (NTO) en die ontwikkeling van die Afrikaanse beroepsteater (1947-1962); (3) die uitvoerende streekrade (Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste, TRUK; Streekraad vir die Uitvoerende Kunste in die Oranje-Vrystaat, SUKOVS; Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste, KRUIK; en die Natalse Raad vir die Uitvoerende Kunste, NARUK), 1963 tot die vroeë 1990's; en (4) post-1994: kunstefeeste en die Covid-19-pandemie.

    Keywords : drama; toneel; literatuurgeskiedenis versus toneelgeskiedenis; NTO; streekrade; kunstefeeste.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )