SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1The Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    WEIDEMAN, Albert. Boublok en poolster: Deurdagte oplossings vir hardnekkige taalprobleme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.317-335. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a14.

    Omdat ons waardering vir die werk van Christo van Rensburg dikwels wentel om die oor-spronge van Afrikaans, onderskat dit miskien sy bydrae tot die totstandkoming van betekenisvolle taalingrypings, soos die oprigting van die Universiteit van Pretoria se Eenheid vir Akademiese Geletterdheid. Hierdie bydrae pluis die konseptualisering van sulke inisiatiewe deur middel van die toegepaste taalkunde uit. Die toegepaste taalkunde word hier gedefinieer as 'n dissipline gekenmerk deur ontwerp. Taalintervensies se ontwerp staan sentraal daarin, selfs in die breedste definisies van die veld. Om egter verantwoordelik te kan ontwerp aan taalbeleide, taalkursusse en taaltoetse, soek die ontwerpers van hierdie ingrypings teoretiese begronding. Die ondersteunende teorie kom nie altyd uit die taalkunde nie, maar uit 'n verskeidenheid ander dissiplines. Ontwerp is die kern van wat ons die tegniese modus van ons ervaring kan noem. Die begronding van verantwoordelike ontwerp vind ons deur die konneksies tussen die tegniese modaliteit van ontwerp en ander modusse van ons ervaring te ondersoek. Twee stelle tegniese insigte, tegniese begrippe en tegniese idees, word onderskei. Vanuit hierdie vertrek-punte kan ons sowel die boublokke, die basiese begrippe van taalintervensie-ontwerp, as hul teëhangers, die tegniese poolsterre wat ons ontwerp op die toekoms rig, onderskei. Die fundamentele begrippe van tegniese eenheid, tegniese beperkings, tegniese reëlmatigheid, effek, differensiasie, aantreklikheid en teoretiese regverdigbaarheid word eers aan die orde gestel. Daarna kom die rigtinggewende tegniese idees van betekenisvolheid, implementeerbaarheid, doeltreffendheid, belyning, regverdigheid, billikheid en gesaghebbendheid aan die orde. Tesaam nooi hierdie beginsels die ontwerpers van taalingrypings uit om verantwoordelik aan hulle gestalte te gee.

    Palavras-chave : toegepaste taalkunde; taalingrypings; ontwerp van taalingrypings; teorie; fundamentele begrippe; fundamentele idees; taalbeleide; taalkursusse; taaltoetse.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )