SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU PLESSIS, Theodorus. Taalbeplanning ná 2023 in Suid-Afrika: Implikasies vir die histories gemarginaliseerde inheemse tale, Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.188-212. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a9.

    Na aanleiding van die verklaring in 2023 van Suid-Afrikaanse Gebaretaal tot Suid-Afrika se 12de amptelike taal word in hierdie artikel krities besin oor die vooruitsigte vir taalbeplanning in Suid-Afrika. Dit word gedoen in die lig van 'n opmerking gedurende 2024 deur 'n senior staatsamptenaar dat die regering nog nie gereed is om die Agtiende Wysigingswet op die Grondwet, 1996, in werking te stel nie en dat toepassing van die Wysigingswet dieselfde onbevredigende resultaat sal oplewer as wat die aanvaarding van die nege histories gemarginaliseerde inheemse tale as amptelike tale by artikel 6(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, vir daardie tale opgelewer het. Die studie konsentreer op die sleutelrol wat taalwetgewing by taalbeplanning speel en berus dus grotendeels op 'n ontleding van toepaslike post-1994-taalwetgewing rakende die vier ampteliketaaldomeine, naamlik wet-gewing, regspleging, administrasie en onderwys. Die ontleding word gedoen aan die hand van 'n tipologie van taalamptelikheid (statutêr, simbolies, werkend) enersyds en taalbenaderingsbeginsels andersyds, te wete funksionaliteit (doeltreffendheid) teenoor billikheid (inklusiwiteit). Een van die kernbevindinge is dat die spanning tussen laasgenoemde beginsels meebring dat post-1994-taalwetgewing in stryd met die beginsels van die Grondwet, 1996, 'n nuwe taal-hiërargie tot stand gebring het waarin Engels (en soms nog Afrikaans) as amptelike werkstaal funksioneer en die ander tale grootliks net simboliese amptelike tale is. 'n Implikasie hiervan is dat alle amptelike tale buiten Engels óf nog meer (die nege Sintutale) óf van nuuts af gemar-ginaliseer word, 'n tendens wat niks goeds voorspel vir die inwerkingstelling van 'n 12de amptelike taal nie.

    Palavras-chave : taalwetgewing; taalbeplanning; taalverampteliking; taalbeleids-benaderings; ampteliketaaldomeine; taalbevoordeling; taalmarginalisering; histories gemarginaliseerde inheemse tale; Suid-Afrikaanse Gebaretaal; Afrikaans.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )