Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BREED, Adri. Die ontwikkeling van die Afrikaanse taalkunde as 'n vakdissipline. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.112-132. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a6.
Die ontwikkeling van Afrikaanse taalkunde as wetenskaplike vakgebied is goed gedokumenteer, maar die meeste bronne hieroor is meer as dertig jaar oud. Hierdie artikel bied vanuit 'n diachroniese perspektief 'n bygewerkte beskrywing van die vakgebied se ontwikkeling. Dit verken ook sleutelpublikasies, invloedryke bydraers en subdissiplines binne die Afrikaanse taalkunde. Nienaber (1934) beskryf vier fases, naamlik (i) die vormingsjare van Afrikaans (1657-1775), (ii) die ontluiking van 'n Afrikaanse taalidentiteit (1775-1875), (iii) die dokumentering van Afrikaans as taal (1875-1900), en (iv) die vestiging van Afrikaanse taalkunde as 'n aparte studieveld (1900-1940). Drie verdere fases word by Nienaber se indeling gevoeg, naamlik (v) die institusionalisering van Afrikaanse taalkunde (1940-1994), (vi) 'n afname in publikasies, maar 'n opbloei van nuwe subdissiplines en die deelname van vroulike taalkundiges aan die vakgebied (1994-2005), en (vii) die digitalisering en internasionalisering van die vakgebied (sedert 2005).
Keywords : Afrikaanse taalkunde; taalontwikkeling; diachroniese perspektief; bibliometriese navorsingsmetodes; digitale bibliografie.












