SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    LUDICK, Hardus  e  BREED, Adri. 'n Bestekopname en korpus van hedendaagse Wetenskapsafrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.86-111. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a5.

    Dié artikel lewer verslag van 'n proses wat uitgevoer is om 'n tweeledige leemte rakende ons verstaan van die gebruiksvariëteit Wetenskapsafrikaans na te vors. Eerstens bied ons 'n bestekopname aan waarin ons die omvang en stand van Afrikaans as wetenskapstaal ondersoek. Ons pak hierdie bespreking vanuit beide 'n diakroniese en sinkroniese perspektief aan deur eerstens 'n kort historíese oorsig te gee van die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal, en tweedens 'n inventaris aan te bied van wetenskaplike Afrikaanse publikasies wat in die tydperk 2004 tot 2018 gepubliseer is. Tweedens lewer die artikel verslag van die proses van die saamstel van 'n omvattende en verteenwoordigende Wetenskapsafrikaanskorpus wat taalkundige navorsing oor die spesifieke gebruik en aard van hierdie variëteit moontlik sal kan maak. Die saamstel van 'n korpus van Wetenskapsafrikaans, naamlik die VivA-Wetenskapsafrikaanskorpus 1.01 (2025), is 'n direkte uitvloeisel of produk van die bestekopname. Danksy die ontwikkeling van hierdie korpus kan een aspek van die beoefening van wetenskap in Afrikaans gekarteer word, naamlik die publikasie van Afrikaanse artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte tussen 2004 en 2018. Met 'n grootte van ongeveer 23 000 000 woorde bied die korpus 'n blik op die aard van Wetenskapsafrikaans, oftewel die wyse waarop hierdie gebruiksvariëteit in Afrikaans aangewend word.

    Palavras-chave : Akademiese Afrikaans; Wetenskapsafrikaans; formele taalgebruik; formele korpus; hoë funksie van taal.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )