SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarksA critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's Eersgeborene author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DU PLESSIS, André; LOUW, Phillip  and  ODENDAAL, Gerda. Die eerste eeu van die WAT. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.41-60. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a3.

    Die eerste eeu van die WAT weerspieël in baie opsigte die uitdagings en hoogtepunte wat kenmerkend is van globale projekte wat ten doel het om omvattende woordeboeke saam te stel. Die aanvanklike geesdrif is getemper deur die uitdagings om 'n volhoubare model vir materiaalversameling te vind en terselfdertyd 'n makro- en mikrostrukturele identiteit vir die woordeboek vas te pen. Ná die aanvanklike sukkelgang volg daar 'n periode van intense produktiwiteit en goeie alfabetiese vordering. 'n Verdere vasval weens 'n wending na 'n meer ensiklopediese benadering is besweer deur 'n vernuwingsproses waarin daar swaar op die nuutste metaleksikografiese insigte gesteun is. Insette deur akademici en ander rolspelers vanuit die breë Afrikaanse spraakgemeenskap is ook verkry ten einde 'n oplossing te vind vir die wetenskaplike dog sensitiewe hantering van leksikale items wat aanstoot kan gee. In daardie tydgleuf moes die WAT ook, as een van die Nasionale Leksikografie-eenhede binne PanSAT se strukture, 'n nuwe politieke bestel navigeer. Die 21ste eeu het op 'n uitdagende noot begin, met die Buro se staatsubsidie wat drasties besnoei is. Dit het die Buro genoop om deur middel van die WAT Trust met landswye fondswerwing te begin en die Afrikaanse spraakgemeenskap is terselfdertyd met behulp van 'n omvattende bemarkingsveldtog bewus gemaak van die WAT se waarde en rol. Hierbenewens moes die WAT ook vinnig aanpas by die elektroniese era, eers deur die Elektroniese WAT as CD-ROM-produk te lewer, en dit later in die Aanlyn WAT te omskep. Die noodsaak van 'n sneller voltooiing van die projek het ook duidelik geword en in 2018 is begin met 'n ambisieuse plan om die WAT teen 2028 tot by Z te voltooi. Hiermee is die Buro dan tans goed op dreef, terwyl daar ook tyd bestee en aandag gegee word aan inisiatiewe om inklusiwiteit te bevorder en om die elektroniese aanbod deurgaans te verbeter.

    Keywords : Afrikaans; Afrikaanse woordeboek; inklusiwiteit; leksikografie; leksikografie-eenheid; leksikografiepraktyk; Lexikos; omvattende woordeboek; taalvariëteite; Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )