SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ALBERTS, Mariëtta. Die eerste eeu van Afrikaans as vaktaal, 1925-2025. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.1, pp.4-40. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n1a2.

    Die Suid-Afrikaanse vaktaalbedryf het 'n interessante geskiedenis met veral Afrikaanse vaktaal wat aanvanklik 'n bloeitydperk beleef het. In die land se voormalige tweetalige bestel moes Afrikaanse termekwivalente verskaf word om Afrikaans in staat te stel om sy regmatige plek langs die dominante wereldtaal Engels in te neem. Aanvanklik is vertalende vakwoordeboeke en termlyste deur vakkundiges en akademici saamgestel om die konsepte van die terreine waarop hulle werksaam was, vir vakkommunikasie beskikbaar te stel. Later het vertalers, veral dié verbonde aan taalkantore, begin om die bron- en doeltaalterminologie waarmee hulle daagliks omgegaan het, aan te teken sodat hulle dit later weer kon benut. Nog later is terminoloë in diens geneem om die terminologie van 'n verskeidenheid van vakgebiede aan te teken. Hulle het veral in komiteeverband saam met vakkundiges gewerk wat hulle behulpsaam was daarmee om konsepte te verklaar en te benoem en gepaste terme in Afrikaans te skep. Al hierdie aktiwiteite het daartoe gelei dat Afrikaanse vaktaal deur herhaalde gebruik die vakgebiede en taal kon binnedring en so gestandaardiseer geraak het. Verskeie gestandaardiseerde terminografiese benaderings is in dié vaktaalproses gebruik. In die loop van die afgelope dertig jaar is daar ook aandag gegee aan die ontwikkeling van die Sintutale en Suid-Afrikaanse Gebaretaal omdat die Grondwet bepaal dat al die amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel moet word. Nuwe Afrikaanse terme word steeds deur staatsinstellings aangeteken, maar op die meeste terreine is daar reeds Afrikaanse terminologie en is daar dus nie vernuwing vir Afrikaans nie. Gelukkig is daar steeds vakkundiges, taalpraktisyns en individue wat terme vir hul beroepsdoeleindes in Afrikaans aanteken en versprei.

    Keywords : aanlyn; brontaal; dissemineer; doeltaal; ekwivalent; gemeenskaps-georiënteerde terminografiebenadering; oop bron; standaardisasie; taalbeplanningsgeoriënteerde terminografiebenadering; term; termbank; terminologie; terminologiebeleid; terminologieopleiding; termlys; vakgeoriënteerde terminografiebenadering; vaktaal; vakwoordeboek; vertaalgeoriënteerde terminografiebenadering.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )