SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número4Literary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translationAuthority and solidarity: Forms of address and pronominal personal references in the Afrikaans Bible translation of 2020 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    SENEKAL, Burgert. 'n Netwerkwetenskaplike oorsig en verkenning van netwerke rakende die ontlaeringprojek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.4, pp.740-759. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a12.

    Die Ontlaeringprojek is in 2018 geloods in 'n poging om gesprekke rondom die uitbreiding van Afrikaans se kontekste te bemiddel. Drie kollokwiums en twee spesiale vaktydskrifuitgawes het gevolg, sowel as 'n polemiek op LitNet. In die huidige studie word netwerke rakende die Ontlaeringprojek ontleed: die kollokwiumnetwerk (wat bestaan uit rolspelers en die kollokwiums waarby hulle betrokke was), die mede-outeurskapnetwerk (wat bestaan uit mense wat bydraes tot die twee spesiale vaktydskrifuitgawes gelewer het), die verwysingsnetwerk (wat bestaan uit outeurs en die bronne waarna hulle verwys het) en die woordkovoorkomsnet-werk (wat bestaan uit woorde wat gereeld saam in opsommings van artikels in die twee spesiale vaktydskrifuitgawes voorkom). Netwerkmaatstawwe wat gebruik word, sluit in digtheid, verbinde komponente, modulariteit, k-kerne en eksentrisiteit, tesame met netwerkvisualiserings. Daar word aangetoon dat al hierdie netwerke baie heterogeen is, en sleutelnodusse - betrokkenes by kollokwiums, sleutelbronne en sleuteltemas - word uitgelig. In die geheel word daar bevind dat die diversiteit van netwerke en die aard van sleutelnodusse die Ontlaeringprojek se oogmerke weerspieël.

    Palavras-chave : Afrikaans; diversiteit; eksentrisiteit; kollokwiums; mede-outeurskap-netwerke; netwerkwetenskap; onderwerpmodellering; Ontlaeringprojek; Suid-Afrikaanse letterkunde; verwysingsnetwerk; woordkovoor-komsnetwerke.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )