Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BLAAUW, Derick; PRETORIUS, Marinda; SCHENCK, Rinie and MEYER, Danie. 'n Koorspenlesing1 van onsekere tye: Informele dagarbeiders in Johannesburg se subjektiewe welstand tydens COVID-19. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.4, pp.586-611. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a4.
In Suid-Afrika het deurlopende uitdagings met werkloosheid daartoe gelei dat baie individue geleenthede in die informele sektor soek in 'n poging om 'n bestaan te maak. Die aanvang van die COVID-19-pandemie het regeringsinperkingsmaatreëls tot gevolg gehad, wat kwesbare werkers in hierdie sektor wesenlik beïnvloed het. Hierdie studie het die subjektiewe welstand van informele dagarbeiders tydens die pandemie ondersoek, met 'n spesifieke fokus op dagarbeiders in Johannesburg. Deur 'n steekproef wat uit 230 individue bestaan het, te ontleed, het ons die wisselwerking tussen indiensneming, inkomste en welstand ondersoek, met inag-neming van hul strukturele kwesbaarheid vir eksterne skokke. Hierdie navorsing vul veral 'n kritieke leemte, aangesien geen vorige studies die welstand van arbeiders in die informele sektor in die Suid-Afrikaanse konteks te midde van die pandemie ondersoek het nie. Die studie het alternatiewe inkomstemoontlikhede ondersoek, en die doeltreffendheid van die regering se maatskaplike bystandprogramme en die toereikendheid van ondersteuning wat aan kwalifiserende ontvangers daarvan verskaf word, geëvalueer. Dit verskaf dus 'n omvattende profiel van dagarbeiders wat daarop gemik is om beleidsinisiatiewe in te lig om sosiale en ekonomiese ondersteuning vir werkers in die informele sektor regoor Suid-Afrika te versterk.
Keywords : Subjektiewe welstand; informele ekonomie; COVID-19-pandemie; Johannesburg; Suid-Afrika; dagloners; werkloosheid; strukturele kwesbaarheid.












