SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2NP van Wyk Louw's ideal of justiceRelativisation in the poetry of NP van Wyk Louw índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    BURGER, Annie. Verstaanbaar en bruikbaar, maar ook aangenaam? 'n Evaluering van verbruikers se ervaring met gewonetaaltegnieke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.281-314. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a8.

    Die definisies van sowel die International Federation for Plain Language as die ISO Gewone Taal Standaard beklemtoon dat verstaanbaarheid en bruikbaarheid noodsaaklik is vir die skep van optimale gewonetaaldokumente. In hierdie studie voer ek egter aan dat daar 'n derde meetbare element van gewonetaaldokumente is wat 'n effek op die sukses daarvan het, naamlik die manier waarop die verbruiker die gewonetaaldokumente ervaar. Vir hierdie studie is ' n kwantitatiewe korrelasionele navorsingsontwerp gebruik om die verhouding tussen respondente se ervaring, verstaanbaarheid, en bruikbaarheid van gewone-taaldokumente, asook respondente se persoonlike eienskappe, en die kontekste waarin die gewonetaaldokumente voorkom, te bepaal. Opnamenavorsing met 'n vraelys as die data-insamelingsinstrument is uitgevoer en 506 respondente het aan die studie deelgeneem. Die resultate van die studie dui daarop dat respondente oor die algemeen positiewe ervarings met gewonetaaltegnieke in dokumente gehad het. Verder is 'n sterk positiewe verhouding tussen die ervaring en die verstaanbaarheid van die gewonetaaldokumente gevind. Dit dui aan dat 'n positiewe ervaring tot 'n beter begrip van die dokumente bydra. Dit is egter nie die geval met bruikbaarheid nie, aangesien geen statisties beduidende verhouding hier gevind is nie. Wat betref buitetekstuele faktore, het slegs huistaal 'n statisties beduidende invloed op die ervaring van gewonetaaltegnieke gehad. Die resultate van hierdie studie dui dus daarop dat ervaring 'n belangrike faktor is in die sukses van gewonetaaldokumente, en gevolglik oorweeg moet word om ervaring as een van die elemente in die definisie van gewone taal in te sluit.

    Palavras-chave : gewone taal; gewonetaaltegnieke; ervaring; bruikbaarheid; verstaanbaarheid; mediese konteks; finansiële konteks; regskonteks; buite-tekstuele faktore; kontekstuele faktore.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )