SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with FoucaultNP van Wyk Louw's ideal of justice índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    LAMBRECHTS, Suné; YATES, Hannelie  e  KOTZE, Manitza. Geloofshulpbronne wat kinders kan help floreer as hulle ouers hul werk verloor. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.240-256. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a6.

    Die Covid-19-pandemie het 'n groot effek op mense se gesondheid sowel as hulle ekonomiese stabiliteit gehad. Talle beperkings is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. In Suid-Afrika was een van die beperkings 'n nasionale inperking wat veroorsaak het dat die meeste mense nie werk toe kon gaan nie. Dit het daartoe gelei dat talle mense hul werk verloor het. Baie van die mense was ouers. Ouers se werksverlies affekteer nie net hulself nie, maar ook hul kinders. Daar is verskeie maniere waarop ouers se werksverlies kinders negatief kan beïnvloed. Praktiese teologie is 'n studieveld wat met gevalle soos dié werk. Daarom is die doel van hierdie artikel om, vanuit die perspektief van die praktiese teologiese te wys hoe gemeentelike kinderbediening gebruik kan word om geloofshulpbronne in kinders se lewens in te bou sodat hulle van hul omstandighede (ouers se werksverlies) kan sinmaak en ten spyte van hul omstandighede sal kan floreer.

    Palavras-chave : Covid-19; florering; geloofshulpbronne; godsdiens; jeugbediening; kinders; sosiale ondersteuning; tieners; veerkragtigheid; werksverlies.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )