SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número2NP van Wyk Louw (1906-1970) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    HOFMEYR, Benda. Nie die einde van die wêreld nie: Eskatologie en tyd in Levinas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.165-177. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a2.

    In hierdie essay word die plek van eskatologie in Levinas se tydsbegrip krities onder die loep geneem. Daar word aangevoer dat Levinas se nadruklike aandrang in Totalité et infini (1961), naamlik dat eskatologie etiese verantwoordelikheid fasiliteer, nie onafhanklik van sy konsep-tualisering van tyd verstaan kan word nie. Eskatologie in Levinas is nie die leer van die laaste dinge nie, maar die verklaring wat Levinas bied vir hoe 'n etiek van alteriteit daartoe in staat is om die mensdom teen die geweld van berekende rede en die druk van politiek en oorlog te beskerm. Hoe eskatologie presies hierin slaag, word uiteengesit aan die hand van Levinas se oorspronklike analises van die vorms en werk van tyd.

    Palavras-chave : Levinas; etiese metafisika; etiek; Self; Ander; alteriteit; etiese verant-woordelikheid; eskatologie; tyd; diachronie; spoor; ipseïteit; illeïteit.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )