Servicios Personalizados
Revista
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
JONES, Chris. Die nadelige uitwerking van bevolkingsgroei op die volhoubaarheid van die planeet en van die mensdom self: Wat kan daaraan gedoen word?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.147-164. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a1.
Die aantal mense op aarde en hulle/ons aktiwiteite neem tans skrikwekkende afmetings aan met wydlopende gevolge vir ons planeet, biodiversiteit en uiteindelik onsself. Die moderne mens het sy teenwoordigheid op die aarde en die benutting van hulpbronne baie lank as sy onaantasbare reg gesien. Die huidige uitwerking van byvoorbeeld bevolkingsgroei en besoedeling versteur die aarde se natuurlike ritme in so 'n mate dat ons nou nie meer op 'n kitsoplossing kan hoop nie. Die mens se getalle neem teen so 'n tempo toe dat dit nie net nadelig vir die planeet is nie, maar ook vir die mensdom self. Wat kan gedoen word? Bemagtiging van vroue speel 'n belangrike rol. Dit beteken beslis nie dat meisies en vroue alleen vir die huidige bevolkingsgroei verantwoordelik gehou moet word nie. Die bevolkingsgroei kan egter in 'n redelike mate vertraag word deur veral meer meisies toegang tot onderwys en opleiding te gee - asook hul lewensomstandighede te verbeter. Ook sal daar heelwat meer aan seksopvoeding gedoen moet word, vroueregte sal daadwerklik bevorder moet word en daar sal beter voorsiening en gebruik van voorbehoedmiddels moet wees. Uiteraard moet hierdie kwessies met die nodige omsigtigheid benader en hanteer word. In hierdie verband kan onder andere Thailand en Suid-Korea genoem word wat in die onlangse verlede bewys het dat goeie onderwys geboortesyfers laat daal. In Afrika het vroue wat geen onderwys ontvang nie, gemiddeld 5,4 kinders; vroue wat hoërskool voltooi het gemiddeld 2,7 kinders en vroue wat tersiêre studie deurloop het, gemiddeld 2,2 kinders. In Nigerië sny elke jaar wat meisies skool bywoon, die geboortesyfer met 'n tiende. Hiermee saam sal daar ook verskerpte pogings moet wees om ekonomieë en samelewings te hervorm. Ter wille van die mens se voortbestaan en die volhoubaarheid van lewe op aarde moet ekologiese en ekonomiese geregtigheid, en die bemagtiging van vroue aangemoedig word.
Palabras clave : bemagtiging van vroue; bevolkingsgroei; ekologie; ekonomie; ekoslimstede; energie; gesinsbeplanning; grondstowwe; jeug; landbou en voedselproduksie; lewensverwagting; migrasie; die Millennium-projek; volhoubaarheid; voorbehoeding; voorbehoedmiddels; water.











