SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarksA critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's Eersgeborene índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    PIENAAR, WJ. Die samehang van en verskille tussen sosialekoste-voordeel-ontleding en ekonomiese-impakontleding van padprojekte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.53-66. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a3.

    Die hoofdoel van die sosialekoste-voordeel-ontleding (SKVO) van 'n pad is om die inligting oor die koste en voordele te verskaf wat nodig is om die lewensvatbaarheid, al dan nie, van die voorsiening en gebruik van die pad te beraam. Die kostekomponent in die SKVO is die eenmalige investeringskoste om die pad tot stand te bring, en die voordeelkomponent is die daling van die herhalende koste wat uit die gebruik en instandhouding van die pad sal spruit. Die hoofdoel van die ekonomiese-impakontleding (EKIO) van 'n pad behels dat die verwagte gevolge van die voorsiening en gebruik van die pad op die ekonomiese vertoning van 'n bepaalde streek geïdentifiseer en bereken word. Dié ontleding berus hoofsaaklik op die volgende: (a) die beraming van die verwagte eenmalige streeksinkome-vermenigvuldigereffek wat uit die investeringsbesteding aan die pad sal spruit, en (b) die beraming van die herhalende streeksinkome-versnellereffek wat uit die gebruik en instandhouding van die pad sal spruit. Die ekonomiese uitwerking van 'n padprojek word nie by 'n SKVO ingereken nie. Die rede hiervoor is drievoudig: Eerstens berus 'n SKVO op toewysingsdoelmatigheid as beoordelingsnorm, en 'n EKIO op doeltreffendheid as beoordelingsnorm. Die kombinering van doeltreffendheidsnorme en doelmatigheidsnorme sal tot 'n wanvertolking van 'n projek se ekonomiese lewensvatbaarheid lei. Tweedens sal voordele dubbeld getel word indien padgebruikerskostebesparings en ekonomiese impakte saamgevoeg word. Derdens kan ekonomiese voordele wat verkry word deur gekoördineerde investering in verskeie sektore, waarvan een 'n pad is, nie alles aan investering in die pad toegeskryf word nie.

    Palabras clave : Sosialekoste-voordeel-ontleding; ekonomiese-impakontleding; normale verkeer; uitwykverkeer; nuutgeskepte verkeer; ekonomiese groei; ekonomiese ontwikkeling; volle indiensname; prysstabiliteit; betalings-balansstabiliteit; doelmatigheid; doeltreffendheid.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )