SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    EKSTEEN, Riaan. Suez se nagevolge: Suid-Afrika en bevrydings-bewegings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.27-52. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a2.

    Tydens die Suezkrisis was die gedrukte media die primêre bron van kommunikasie en byvoorbeeld in Brittanje die belangrikste wyse waarop die publiek ingelig is. In die VSA het nuusberigte ook die krisis gedek, veral omdat dit President Eisenhower se grootste buitelandse beleidsuitdaging op daardie tydstip was. In Egipte het Nasser ywerig en behendig die pers en radio aangewend om sy binne- en buitelandse doelstellings te bereik. Toe die Veiligheidsraad verhinder is om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf as gevolg van die vetoreg wat een van die permanente lede uitgeoefen het, het die Algemene Vergadering die aangeleentheid oorweeg en aanbevelings met die "Uniting for Peace"-prosedure gemaak, wat tot die stigting van die eerste vredesmag van die Verenigde Nasies gelei het. Kort voor die krisis is tweederdes van al Europa se olie deur die Suezkanaal verskeep. Die Suezkrisis het later aanleiding gegee tot die stigting van die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (OPUL) in 1960. Met die sluiting van die kanaal, is die aandag weereens op die strategiese waarde van die seeroete om die Kaap gevestig om die toenemende verkeer te kan akkommodeer. Teen daardie tyd was Suid-Afrika en Brittanje reeds besig om oor die vlootbasis te Simonstad te onderhandel wat later aan Suid-Afrika oorgedra is. Nelson Mandela het by die revolusionêre magte van Algerië aangesluit en militêre opleiding van hulle ontvang. Ander bevrydingsbewegings van Afrika het ook militêre en diplomatieke opleiding gekry. Die geopolitieke implikasies van die krisis was wydverspreid en betekenisvol.

    Palabras clave : Algerië; ANC; Kaapse seeroete; Mandela; media; militêre opleiding; OPUL; Simonstad; "UN Emergency Force (UNEF)"; "Uniting for Peace"; vlootbasis.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )