SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarks índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    EKSTEEN, Riaan. Suez se nagevolge: Persoonlikhede en kolonialisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.1-24. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a1.

    Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan was instrumenteel tydens die Suezkrisis wat beduidende implikasies vir die Midde-Ooste en die globale magsbalans meegebring het, maar nie een van hulle het heeltemal ongeskonde uit die krisis gekom nie. Eisenhower het die inperking van kommunisme as sy hoogste prioriteit geag en het Brittanje se koloniale erfenis as onhoudbaar beskou, en Dulles het die koloniale dimensie dikwels opgehaal. Brittanje se dalende status as 'n wêreldmoondheid is blootgelê en as 'n tweederangse moondheid bevestig. Die feit dat Brittanje 'n koloniale mag was, het 'n stigma gelaat waaraan Eden en Macmillan weinig kon doen. Dit was alombekend dat Eden die reëls van geheimhouding verontagsaam het in sy meedoënlose en bloedige strewe na regverdiging. Wat Eden se konserwatiewe regering noodlottig ondermyn het, was die onenigheid in sy eie geledere. Hyself was polities, fisies en emosioneel deur Suez verpletter. Macmillan het uit die wrak van Suez getree om 'n gedemoraliseerde Konserwatiewe Party te lei en 'n land wat nog in die dieptes van vertwyfeling verkeer het. Frankryk was diep gegrief oor Nasser se steun aan rebelle in Algerië. Die nagevolge van die krisis het die agteruitgang van Europese kolonialisme beklemtoon en 'n blywende impak op Frankryk se internasionale verhoudings gehad. Algerië het ontsaglike probleme vir Frankryk veroorsaak en selfs sy politieke stabiliteit bedreig.

    Palabras clave : Algerië; Brittanje; Dulles; Eden; Eisenhower; Frankryk; kolonialisme; Macmillan; Nasser; persoonlikhede.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )