SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2Relativisation in the poetry of NP van Wyk LouwPresentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC Steyn author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    WIERENGA, Roné. "Gaan loop speel!": Die inchoatiewe niehoofwerk-woorde gaan en loop. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.346-363. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a10.

    Aspektuele betekenis is dikwels meerduidig in Afrikaans, omdat die werkwoord nie verpligtend gemerk word vir aspek nie. Die inchoatiefaspek is 'n grammatikaalaspektuele betekenis wat die moment direk voor die aanvang, die aanvangsmoment self, of die moment direk ná die aanvang van 'n handeling of faseverandering uitlig. 'n Verskeidenheid strategies kan in Afrikaans gebruik word om die inchoatiefaspek uit te druk - een só 'n strategie is die gebruik van niehoofwerkwoordelike konstruksies. In hierdie artikel word gebruik gemaak van die Watkykjy!'-korpus, Taalkommissiekorpus en NWU-Kommentaarkorpus om die frekwensies en gebruikspatrone van gaan en loop as direkteskakelwerkwoorde in inchoatiefkonstruksies na te gaan. Die resultate van die korpusondersoek toon dat hierdie gaan- en loop-inchoatiefkonstruksies vormlik en struktureel ooreenkomstig is, maar dat daar semantiese nuanses is wat bewerkstellig word deur die keuse om gaan of loop te gebruik.

    Keywords : aspek; gaan; inchoatief; ingressief; inseptief; konstruksiegrammatika; korpuslinguistiek; loop; niehoofwerkwoord; niehoofwerkwoordelike inchoatiefkonstruksies.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )