Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
VAN HEERDEN, Neil. Die spanningsverhaal: 'n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.327-345. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a9.
In hierdie artikel ondersoek ek spanning as literêr-teoretiese konsep. Spanning kan gedefinieer word as 'n benouende affektiewe respons wat in die leser tot stand kom na aanleiding van bepaalde tekstuele prikkels. Ek verskaf eerstens 'n aantal definisies en teorieë om sodoende 'n greep te kry op die tekstuele voorvereistes vir die totstandkoming van spanning. Ek steun veral op twee seminale bronne: Suspense: Conceptualisations, Theoretical Analyses, and Empirical Explorations (1996) en Suspense in the Formula Story (1989). Vervolgens bespreek ek drie onlangse bekroonde spanningsverhale in Afrikaans: Prooi (2018) deur Deon Meyer, Die versoeking van Thomas Maas (2020) deur Chris Karsten, en Hartedief (2021) deur Rudie van Rensburg. Ek wys ten slotte op die mees beduidende ooreenkomste en verskille tussen die drie voorbeeldtekste ten opsigte van die spanningsproses.
Keywords : Afrikaanse letterkunde; Chris Karsten; Deon Meyer; huishoudelike noir; lesersbetrokkenheid; misdaadfiksie; populêre fiksie; Rudie van Rensburg; sielkundige riller; spanning; spanningsverhaal; speurverhaal.












