SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DREYER, Johan  and  VAN DER WALT, Kobus. Boosheid in die mens: "Tot stof sal jy terugkeer". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.246-261. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a5.

    Daar is oortuigende argumente waarom kontemporêre natuurwetenskaplike waarnemings die beste verklaar kan word as dit binne 'n paradigma van 'n almagtige Skepper geïnterpreteer word. Tog is daar wêreldwyd by die hoofstroomnatuurwetenskaplikes groot teenkanting daarteen. In hierdie artikel word die vraagstuk van normatiewe materialisme onder die loep geneem. 'n Analise van natuurwetenskaplike denkprosesse, sowel as wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê, lei tot die gevolgtrekking dat die oorsprong van normatiewe materialisme in die mens se eiewillige aard geleë is. Om by voorbaat een van die moontlike verklarings vir empiriese waarnemings uit te sluit slegs omdat dit van 'n navorser se wereldbeeld verskil, verteenwoordig swak, ongeldige wetenskapsbeoefening. Ten spyte van die feit dat die natuur-wetenskap oorweldigend getuig van die teenwoordigheid en betrokkenheid van God, is daar steeds talle vraagstukke wat steeds nie deur óf natuurwetenskaplikes óf teoloë beantwoord kan word nie. Natuurwetenskaplikes wat strewe na integriteit in hul wetenskapsbeoefening, behoort alle moontlike verklarings vir empiriese data met 'n gelyke mate van respek en aandag te oorweeg in hul soeke na die waarheid.

    Keywords : normatiewe materialisme; die wetenskaplike proses; induksie; deduksie; abduksie; kosmologie; God as skepper; wetenskaplike vooroordeel; wetenskaplike paradigmas; sonde.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )