SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DREYER, Johan  and  VAN DER WALT, Kobus. Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.229-245. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a4.

    Volgens materialiste kan die ontstaan van die mens verklaar word deur evolusie, waarvoor daar oortuigende bewyse is, soos bv. genetiese ooreenkomste, bewyse uit die fossielrekord sowel as anatomiese vergelykings. Daarteenoor stel die metafisiese siening dat mense deur 'n goddelike entiteit of 'n bonatuurlike krag geskep is. Hierdie siening word dikwels geassosieer met godsdienstige oortuigings en is (volgens die teenstanders daarvan) nie op empiriese bewyse gebaseer nie. As 'n spesie, toon menslike DNS (deoksiribonukleïensuur) 'n baie laer diversiteit as wat die genetiese teorie voorspel, hoofsaaklik as gevolg van die resentheid van die mens sowel as die voorkoms van 'n "bevolkingsbottelnek". Dit dui daarop dat die hele menslike bevolking minder as 160 000 jaar gelede uit 'n baie klein groepie ontwikkel het, waarskynlik in Afrika. Mense deel veel meer as net voorouers met die res van die skepping: ook boumateriaal, selle, organe en 'n groot deel van ons genoom. Dat mense uniek van aard is, is egter onbetwisbaar en kontemporêre wetenskap lewer vele empiriese waarnemings in hierdie verband, wat nie bevredigend verklaar kan word deur 'n onbegeleide, toevallige ontwikkelingsgeskiedenis nie. Die Bybelse narratief van Adam en Eva voldoen aan al die vereistes vir die drempelgebeurtenis in die menslike geskiedenis, wat wetenskaplik bewysbaar is. Die hipotese word daarom voorgehou dat die proto-mens geskep is deur begeleide ontwikkeling uit die stof van die aarde (koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfaat en swael). Later het 'n drempelgebeurtenis plaasgevind waartydens God die proto-mens "na Sy beeld" getransformeer het.

    Keywords : menslike oorsprong; bevolkingsuitbreiding; bevolkingsbottelnek; drempelgebeurtenisse; Kambriese ontploffing; teïstiese hipotese; norma-tiewe materialisme; gedeelde voorouer; samesmeltingschromosoom; proto-mens.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )