SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    MEINTJES, Zanétte. Verskansing: Die voorkoms en gebruik van beperkings- en weerhoudingsmerkers in studente se argumentatiewe tekste. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.65-82. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a4.

    Metadiskoers word in twee kategorieë verdeel, naamlik tekstuele en interpersoonlike metadiskoers. Tekstuele metadiskoers behels die gebruik van woorde en frases om teksinligting op 'n koherente wyse te organiseer, terwyl interpersoonlike metadiskoers die skrywer in staat stel om 'n skrywer-leser-verhouding te bewerkstellig. Verskansers, as deel van die interpersoonlike metadiskoerskategorie, word spesifiek gebruik om skrywerstandpunte te kwalifiseer. Eerstens versag dit skrywerstandpunte tot 'n algehele moontlikheid, en skep sodoende ruimte vir die leser se mening rakende die onderwerp van bespreking. Tweedens toon dit aan wanneer 'n skrywer hom/haar van die standpunte en/of selfs die evaluering daarvan distansieer. Die literatuur word gekenmerk deur verskeie studies rakende die gebruik van verskansing in akademiese tekste, maar daar bestaan 'n leemte oor die gebruik daarvan in Afrikaans-sprekende eerstejaarstudente se geskrewe tekste. As sodanig poog die onderhawige artikel om lig te werp op die tipe verskansers wat deur Afrikaanssprekende eerstejaarstudente gebruik word; die frekwensie in gebruik van verskansers oor al drie die dele van die tekste, naamlik die inleiding, die liggaam (inhoudelike gedeelte) en die slot; of die verskansers korrek en gepas gebruik word; en of daar 'n beduidende verskil is in die gebruik van verskansers tussen studente wat ondergemiddeld, gemiddeld en bogemiddeld presteer het in hulle geskrewe argumente. Die resultate van die ondersoek toon dat Afrikaanssprekende eerstejaarstudente met aanvang van hulle universiteitstudie nie noodwendig ervare is in die gebruik van verskansing nie. Beperkings- en weerhoudingsmerkers het selde in die argumente gefigureer. Derhalwe word aanbeveel dat Afrikaanssprekende eerstejaarstudente op universiteit in Akademiesegeletterdheidsmodules geakkultureer behoort te word ten opsigte van die belangrikheid én die gebruik van verskansing in hulle geskrewe argumente.

    Keywords : metadiskoers; tekstuele metadiskoers; interpersoonlike metadiskoers; Afrikaanssprekende eerstejaarstudente; geskrewe argumente; verskansing; beperkingsmerkers; weerhoudingsmerkers.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )