Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751
Abstract
CONRADIE, Karlien and SWART, Estelle. Die waarde van literêre teater in die bewussyns-opvoeding van psigoterapiestudente. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.23-44. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a2.
In hierdie konseptuele artikel word die waarde van literêre teater in die bewussynsopvoeding van psigoterapiestudente as beginnerterapeute toegelig. 'n Eerste uitgangspunt van die artikel is bewussynsopvoeding om die ontologiese ingesteldheid as singewende intensionaliteit te kultiveer wat gekenmerk word deur synsdenke en sensitiwiteit vir die gelyktydige teenstry-dighede eie aan die menslike bestaansproblematiek. Teen hierdie agtergrond word die betekenisvolheid van bewussynsopvoeding as geestelike ideaal of Bildung-strewe beskryf, eerder as die performatiewe ideaal van nuwe kennis gerig deur 'n gespesifiseerde doel. Twee moontlike eietydse dilemmas wat psigoterapiestudente se ontwikkelende vermoë tot bewus-synsmatige betrokkenheid soms bemoeilik, word terselfdertyd belig. Dit sluit in begin-nerpsigoterapeute se oormatige selfbewustheid en sentimentele emosionaliteit, asook die tegnokratiese aard van massasielkunde. In die daaropvolgende afdelings verduidelik ons aan die hand van enkele eksemplariese onderrigvoorbeelde hoe literêre teater vanweë die inherente beliggaming van die eksistensieel-fenomenologiese karakter daarvan moontlik kan bydra tot die verskerping en inoefening van psigoterapiestudente se vermoë tot groter bewussynsmatig-heid.
Keywords : bewussynsopvoeding; psigoterapie; literêre teater; argetipes; psigotera-piestudent; opleiding; beginnerpsigoterapeute; eksistensieel-fenomeno-logiese disposisie; massasielkunde; simboliese taal.












