SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-2Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyondThe Bailie's Party trilogy: Karel Schoeman (and MD Nash) and the 1820 British Settlers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ELS, Gideon. Die bepaling van ons mees geliefde Afrikaanse kerklied - 'n metodiese ondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1350-1378. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a8.

    In hierdie artikel word 'n uiteensetting gegee van die proses en die resultate van die gebruik van 'n self-geadministreerde aanlyn opname en vraelys om die mees "geliefde" kerklied in Afrikaanssprekende gemeentes in Suid-Afrika te bepaal. Daar word aandag gegee aan aspekte soos die keuse van metode, steekproefneming van respondente, vraelysontwerp en die statistiese ontleding van response. Sommige van die risikoverminderingstrategieë wat die navorser gebruik, word ook uitgelig. Uit die ontleding van die data is dit duidelik dat gemeentes 'n voorkeur toon vir kerkliedere uit die Liedboek en Psalmboek, maar dat daar duidelik ook 'n liefde is vir liedere uit beide die VONKK- en FLAM-genre. Dit is verder ook duidelik dat die Psalms (al is dit net 'n paar) in die amptelike Afrikaanse Liedboek steeds 'n belangrike rol speel in die spiritualiteit van baie van die Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika. Hierdie artikel dra by tot die metodologiese debat in die navorsingsveld van kerkmusiek.

    Keywords : opnametegniek; kerklied; self-geadministreerde vraelyste; Delphi-tegniek; geweegde gemiddelde; Liedboek.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )