SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-2Explorations in a post-normal landscape: South Africa this side of and beyond Covid-19(The) Utopia(n) and becoming (other) in Neill Blomkamp's science-fiction trilogy: District 9 (2009), Elysium (2013) and Chappie (2015) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BEUKES, Johann. Die ontwikkeling en komplekse samehange van die huidige vier bande van Foucault se Histoire de la sexualité. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1287-1310. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a4.

    Hierdie artikel bied 'n toeganklike oorsig van die ontwikkeling en komplekse samehange van die huidige vier bande van Michel Foucault (1926-1984) se seksualiteitsgeskiedenis in die reeks Histoire de la sexualité, gepubliseer by Gallimard in Parys. Die eerste band is in 1976 en die tweede en derde in 1984 met Foucault as alleenskrywer gepubliseer, en die vierde band (Les aveux de la chair) het in Februarie 2018 onder redakteurskap van Frédéric Gros gevolg. Les aveux de la chair se huidige status (met inbegrip van die skrywer van hierdie artikel se voorbehoude daaroor) in die reeks en Foucault se groter oeuvre word inleidend aangedui, waarna 'n gedetailleerde oorsig volg van die tematies-chronologiese ontwikkeling van die drie vroeër gepubliseerde bande (La volonté de savoir [gelees met die manuskrip van La chair et le corps, wat waarskynlik geredigeer sal word om as vyfde band in die reeks te dien], L 'usage des plaisirs en Le souci de soi) en die koppeling van hierdie tekste met Les aveux de la chair. 'n Tabel waarin die tematiese en chronologiese samehange tussen die huidige vier en minstens nog twee beoogde bande in die reeks uiteengesit word, word as deel van die gevolgtrekking aangebied.

    Keywords : Daniel Defert; Michel Foucault (1926-1984); die geskiedenis van seksualiteit; Frédéric Gros; Histoire de la sexualité 4 (Les aveux de la chair); La chair et le corps; La croisade des enfants; La volonte de savoir; L'usage des plaisirs; Le souci de soi.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )