SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número4-1What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    SAAL, Elvis  y  FOURIE, Annamarie. "dit en dat" en "al daai goed": 'n Korpuslinguistiese ondersoek na pragmatiese merkers in gesproke Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1112-1128. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a8.

    Pragmatiese merkers is 'n frekwente verskynsel van gesproke taal. Daar is egter nog baie min studies onderneem na pragmatiese merkers in Omgangsafrikaans. Pragmatiese merkers tree op as belangrike kontekstualiseringswenke deurdat dit gespreksgenote rig in terme van die relevansie van die uiting, en die spreker in staat stel om, op bondige wyse, 'n houding teenoor die proposisie van die uiting te openbaar. In hierdie studie word gefokus op 'n bepaalde tipe pragmatiese merker, naamlik vaekategoriemerkers (VKM's). Vaekategoriemerkers in Afrikaans is 'n meerwoordige leksikale eenheid, of woordkluster, wat as pragmatiese merker optree, byvoorbeeld "en goed" en "of iets". Hierdie ondersoek het ten doel om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal watter vaekategoriemerkers in Omgangsafrikaans gebruik word en watter pragmatiese funksies dit verrig.

    Palabras clave : pragmatiese merkers; vaekategoriemerkers; relevansieteorie; pragmatiek; korpuslinguistiek; skermers; vae taal; kwaliteitsbeginsel; kwantiteitsbeginsel; hoflikheidstrategieë.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )