SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue3Analysing the contributory role of the accounting profession to save our planetEnvironmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VAN DER VYVER, Corné. Die waarde van persoonlike vertelling in Afrikaans Huistaal in die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.772-793. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a8.

    Storievertelling word wêreldwyd aangewend om individue op 'n informele wyse te onderrig. Persoonlike vertellings of lewensverhale is 'n onderafdeling van storievertelling as groter fenomeen en hierdie persoonlike lewensverhale kan suksesvol as onderrigstrategie ingespan word. In hierdie verband het McAdams (2001:101) bevind dat lewensverhale veral belangrik is as uitdrukking van die individu se identiteit en hom of haar sodoende help om sin te maak van persoonlike ervarings. Storievertelling is dus 'n uitdrukking van identiteit, want om die storie van 'n mens se lewe te vertel, help jou om sin te maak van jou ervarings en kweek 'n gevoel van self, oftewel "wie ek is". Dit is gevolglik baie belangrik dat leerders van 'n vroeë ouderdom af blootgestel word aan en opleiding ontvang in lewensverhaalvertellings. Hierdie blootstelling lei daartoe dat leerders geleidelik daaraan gewoond gemaak word om as 't ware die storie van hul lewe aan ander te vertel. Op hierdie manier verseker blootstelling aan die deel van persoonllike lewensverhale dat individuele leerlinge nie geïntimideer sal voel deur dergelike aktiwiteite wanneer hulle die ouderdom bereik waar die stories van hul persoonlike belewenisse met vertroue vertel kan word nie. Daar is daarom veral gekyk na die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) om vas te stel of daar in die KABV voldoende ruimte geskep is om leerders vanaf 'n vroeë ouderdom bloot te stel aan lewensverhale. Daar is ook ondersoek ingestel of hierdie blootstelling en opleiding in die vertel van lewensverhale toeneem totdat leerders in vroeë adolessensie spontaan en met selfvertroue hulle persoonlike stories aan ander kan vertel.

    Keywords : Afrikaans Huistaal; dokumentontleding; Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV); lewensverhale; literatuurontleding; McAdams se lewensverhaalteorie; outobiografiese stories; persoonlike vertellings; rol van storievertelling; storievertelling; storievertelvaardighede.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )