SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue3Diamond jubilee of decimalisation: 60 years of South African rand and centAn assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BECKMANN, Johan. Die noodsaak van bevoegde onderwysers in elke Suid-Afrikaanse skoolklaskamer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.753-771. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a7.

    Goeie onderwys kan beskou word as die belangrikste funksie van die staat. Kinders kan nie sukses in die lewe behaal sonder onderwys nie en die basiese instellings van 'n staat kan ineenstort sonder goeie onderwys (vgl. Thro 2005; Nkomo 2021). 'n Verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum (2013) het bevind dat Suid-Afrika se onderwysstelsel die derde swakste van al die geëvalueerde lande gevaar het. Die jongste ewekniestudies oor aspekte van die onderwys bevestig almal dat Suid-Afrika groot uitdagings in die gesig staar, hoewel daar tog geringe vordering te bespeur is (Department of Basic Education 2017). Die beskikbaarheid van bevoegde leerkragte word as as een van die grootste uitdagings van die Suid-Afrikaanse onderwyssstelsel gesien. Die pedagogiese en vakinhoudelike kennis van die meeste onderwysers is swak en is die hoofrede vir swak leerderprestasie. Verskeie redes kan vir hierdie onbevoegdheid aangevoer word. Meta-analiste soos Hanushek en Hattie het bevind dat iemand wat oplossings vir onderwysprobleme soek in die eerste plek na die gehalte van onderwysers moet kyk. In hierdie artikel ondersoek ek die implikasies van hulle sienings en in besonder hulle bevindings dat mens "prosaiëse" ekonomiese waardes aan onderwysers se bydraes kan heg. Nuwe uitdagings wat aan onderwysers gestel word deur die Covid-19-virus nou, en ook wanneer die onderwysstelsel na die pandemie herstel ("reset"), sal in berekening gebring moet word. Die koronavirus en die afloop daarvan sal waarskynlik saam met die huidige probleme met die gehalte van onderwys die aanstelling van bevoegde onderwysers ononderhandelbaar maak.

    Keywords : koronavirusimplikasies; finansiële implikasies; bevoegdheid van onderwysers; belangrikheid van onderwysers; onbevoegdheid van onderwysers; ononderhandelbaarheid; onmeetbaarheid van die waarde van onderwysers se bydrae; hervatting van die stelsel.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )