SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue3General CF Beyers: His world view as reflected in his public statementsSubstantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    SNYMAN, SD (Fanie). Die Ou Testament as verhoudingsboek: Nagedink oor die waarde van die Ou Testament. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.655-669. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a2.

    Die publikasie van twee verskillende uitgawes van die Bybel in Afrikaans is 'n resente aanduiding van die kontroversiële posisie van die Ou Testament in die Bybel. Onderliggend aan die aandrang op 'n afsonderlike uitgawe van die Bybel in Afrikaans is die oortuiging dat die waarde van die Ou Testament eintlik lê in die heenwysings, voorspellings, sinspelings en profesieë wat dit bevat ten opsigte van Jesus Christus. Vervolgens die probleemstelling wat in hierdie bydrae ondersoek gaan word: Wat is die waarde van die Ou Testament as deel van die kanon van die Christelike kerk? Die binêre teenoorstelling van begrippe (wet: evangelie; belofte: vervulling; kontinuïteit: diskontinuïteit) om die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament te beskryf, deug nie meer om die verhouding effektief te beskryf nie. 'n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as 'n verhoudingsboek wat primêr handel oor God en mens wat in 'n verhouding met mekaar, ander en die skepping staan.

    Keywords : hermeneutiek; verhouding tussen Ou en Nuwe Testament; kanon; Afrikaanse vertaling; wet; evangelie; belofte; vervulling kontinuïteit; diskontinuïteit; profesie; voorspelling; verhoudingsmatig.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )