SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    CONRADIE, Jac. Relativering in die poësie van NP van Wyk Louw. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.380-394. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a9.

    Van Wyk Louw pas op verskillende maniere relativering in sy poësie toe: leksikale relativering, waar hy entiteite as klein, dun, smal, ensovoorts, dikwels met die verkleiningsuitgang -tjie beskryf (bv. klein beiteltjie), modale relativering, waar iets gekwalifiseer word met 'n modale bywoord soos mos, glo, miskien, en illokusionêre relativering deur meermale vrae te stel: retories, aan die hoorder/leser gerig, aan homself gerig. Dit lewer verskillende winste op, byvoorbeeld die voorstelling van weerloosheid teenoor bedreiging (bv. die spelende kinders teenoor Raka), die aanduiding van onsekerheid ten opsigte van groot uitdagings ("Miskien ook sal ons sterwe"), en die inkwisiteur se uitdrukking van vrees ("het hy geskree of ek?"). Relativering stel Louw nie alleen in staat om treffende kontraste te skep nie, maar ook om te kenskets en ironiseer, en op 'n wye verskeidenheid terreine korrektiewe aan te bring en nuwe perspektiewe te bied.

    Palavras-chave : deiktiese sentrum; illokusionêre relativering; leksikale relativering; modale bywoord; modale relativering; norm; perspektief; postmodernisme; relativering; vergelyking; verkleining.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )