SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    WESSELS, JS  and  PAUW, JC. Die sogenaamde gaping tussen getuienis en beleid: Die geval van die De Lange-verslag. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.861-886. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a1.

    Hierdie artikel belig die literatuur oor die gaping tussen wetenskaplike getuienis en beleid binne die konteks van bewysgebaseerde of, soos ons dit gaan noem, navorsingsgesteunde beleid vanuit die studie van ʼn klassieke geval in Suid-Afrika, naamlik die sogenaamde De Lange-verslag na die onderwys van 1981. Ons vrae is: tot watter mate het die betrokke verslag wel gedien as grondslag vir die opdraggewer, naamlik die regering van die dag, se daaropvolgende beleid oor onderwys, en hoe kan die verhouding tussen die opdraggewer en agent verstaan word? Die De Lange-verslag en die daaropvolgende prosesse van beleidsformulering word in hierdie artikel gebruik as ʼn geval om die diskoers oor navorsingsgesteunde beleid te beoordeel. Die verslag wat in 1981 verskyn het, is ons fokus. Ons ontleding van hierdie dokument is aangevul met insigte vanuit sekondêre bronne wat oor die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN)-ondersoek na die onderwys gepubliseer is, asook deur persoonlike onderhoude en argiefwerk met rolspelers vanuit daardie tyd. Hierdie artikel lewer ʼn tweërlei bydrae, naamlik tot die geskiedenis van navorsingsgesteunde beleidmaking in Suid-Afrika, en tot die sogenaamde gaping tussen twee gemeenskappe (navorsers en beleidmakers) as verklaring vir die beperkte invloed van navorsing op beleid. Die studie het bevind dat die mate waartoe die RGN-ondersoek na die onderwys wel regeringsbeleid beïnvloed het, ʼn direkte gevolg was van die mate waartoe dit die veelvoud van partypolitieke hindernisse en navorser-beleidmaker kompleksiteite kon oorkom. Dit is inderdaad ʼn eiesoortige geval wat buite die bestek van die algemeen geldende teoretiese beskouings oor navorsingsgesteunde beleidmaking val.

    Keywords : navorsingsgesteunde beleid; getuienis-beleidgaping; beleidstudies; prinsipaal-agentverhouding; resepsie; De Lange-verslag; getuienis; onderwysvoorsiening; Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing; Afrikaner-Broederbond; F W de Klerk; Gerrit Viljoen.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )