SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    LOTRIET, Ronnie. Die dood van die tradisionele koerant: 'n Strategiese assessering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.716-735. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a7.

    In die digitale era bevind koerante regoor die wêreld hulself in ongekende waters en probeer inkomste vanuit aanlyn verkeer genereer. Sommige koerante, soos die Wallstreet Journal, het dié stap met merkwaardige sukses geneem, terwyl ander koerante jammerlik gefaal het. Die digitale era plaas ook geweldig druk op die koerantindustrie in Suid-Afrika. Sirkulasiesyfers en winste wys ʼn dalende tendens. Die invloed van die internet en aanlyn nuus het ʼn beduidende impak op die wyse waarop koerantuitgewers inkomste en winste gaan genereer. Indien die huidige afname in sirkulasie voortduur, kan daar so min as 750 000 koerante in sirkulasie wees in Suid-Afrika teen 2020. Koerantuitgewers behoort alternatiewe inkomstestrome vir digitale koerante te ondersoek, insluitend bekostigbare alternatiewe vir adverteerders, om te verseker dat die uitgewers hierdie adverteerders behou. Die doel van dié navorsing is om ʼn strategiese assessering te maak van die strategiese oorwegings in die migrasie vanaf gedrukte na digitale media.

    Keywords : gedrukte media; digitale media; strategie; besigheidsmodel; koerante; sirkulasie; advertering; kostes; inhoud; kwaliteit.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )