SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue4-1Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BORNMAN, Elirea. Die staat, diversiteit en die media: Enkele opmerkings oor die situasie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.683-700. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a5.

    Hierdie artikel fokus op die rol van die media in state wat gekenmerk word deur kulturele diversiteit soos wat die geval in die meeste Afrika-lande en ook in Suid-Afrika is. Teorieë oor die kenmerke en rol van die media in die primordiale staat, die siviele eenheidstaat en die multikulturele staat word bespreek. Daar word in die besonder gekyk na die rol van nasiebou om nasionale eenheid te bewerkstellig in heterogene state wat die model van die siviele eenheidstaat nastreef. Die praktyk van nasiebou soos dit in Afrika en ook in Suid-Afrika toegepas word, word vervolgens bespreek. Verder word die rol van die media in ʼn multikulturele staatsmodel ondersoek. Ter afsluiting word enkele opmerkings gemaak oor die rol van die media ten opsigte van die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing.

    Keywords : Diversiteit; kulturele verskille; media; multikulturalisme; nasiebou.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )