SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1The interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    NAUDE, Alida. Statistiese evaluering en voorspelling van woordherkenning-toetstellings van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA). Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.124-136. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a8.

    TEORETIESE RAAMWERK: In die oudiologiese toetsbattery word spraakoudiometrie klinies meer sensitief as suiwertoon-oudiometrie geag om verlaagde ouditiewe analitiese vaardigheid in terme van komplekse akoestiese strukture in individue te identifiseer, omdat dit ook hoër vlak linguistiese funksie in die evaluering insluit. Hoewel spraakoudiometrie dus as 'n belangrike komponent geag word, is daar tot op hede geen foneties gebalanseerde Afrikaanse spraakmateriaal beskikbaar om woordherkenning mee te meet nie. Woordherkenning moet in individue se eerste taal bepaal word ten einde 'n meer verteenwoordigende beeld van hul daaglikse kommunikasie funksionering te verkry. DOEL: Die hoofdoel van hierdie navorsing was om die geldigheid van die Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans (FVEWA) statisties te bepaal om woordherkenning in 'n bepaalde Afrikaanse populasie te meet. METODIEK: Die navorsing is gebaseer op 'n kwantitatiewe retrospektiewe studie van die oudiologierekords van deelnemers wat by 'n privaat oudiologiepraktyk geassesseer is. Die FVEWA is geëvalueer in terme van interlys-ekwivalensie en prestasie-intensiteit funksie vir gebruik in kliniese praktyk. BEVINDINGS: Daar is bevind dat die ses FVEWA-woordlyste statisties ekwivalent is wat moeilikheidsgraad betref. Die gemiddeld waar deelnemers 50% korrekte woordherkenning bereik het, was 14.2 dBGP. Die helling van die woordlyste wat in die FVEWA gebruik is, was 3.1%/dB by 50% (%/dB).

    Palabras clave : Foneties Verteenwoordigende Eenlettergrepige Woordlyste in Afrikaans; FVEWA; psigometriese funksie; spraakoudiometrie; spraakherkenning; woordherkenning.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )