SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisationWho are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    NEL, Adéle. "Die gedig is spel" - fasette van spel in enkele gedigte van T.T. Cloete. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.2, pp.188-204. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N2A3.

    Die uitgangspunt van hierdie ondersoek is dat die poësie van T.T. Cloete benader kan word as 'n voortdurende spel - 'n spel wat outeur, teks en leser in die literêre diskoers betrek, maar wat ook gelees kan word as 'n bepaalde poëtikale opvatting. Hierdie digterlike en talige spel mond onder andere uit as 'n verwysingspel wat as skryfmodus ooreenkom met Cloete se poëtikale opvatting dat poësie 'n spel is van die dromende denke. Huizinga (1952) se tese dat poësie in spel en as spel gebore is, word in talle gedigte bevestig, want die nosie van spel het betrekking op die ontstaan van die gedig, sowel as op die bestaande gedig. Aan die hand van enkele geselekteerde gedigte en gediganalises word verskillende fasette van spel in Cloete se digterskap verken: die speelse karakter as lewenshouding; spel as digterlike strategie wat dikwels setel in 'n spel van magsverhoudings; die verhouding: spel, erotiek en taal, of die verband tussen die liggaam, die gedig en spel; en die talige besweringsmoontlikheid wat die-gedig-as-spel inhou waar dit gerig is op tydelike opheffing van die mens se eksistensiële lewens- en doodsangs, terwyl dit terselfdertyd ook dié moontlikheid ondermyn.

    Keywords : T.T. Cloete; Huizinga; spel en poësie; intertekstuele spel; spel en poëtika; spel en erotiek; spel en die dood.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )