SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    MARAIS, Elma; NEL, Carisma  e  DU TOIT, Christine. Riglyne vir die ontwikkeling van 'n professionele-ontwikkelingsprogram ooreenkomstig 'n werkswinkel-, ondersteunings- en mentorskapsmodel (WOM-model). Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.75-91. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55n1a6.

    Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beleef vir die soveelste keer 'n proses van verandering. 'n Belangrike aspek van enige verandering in die onderwysstelsel is die professionele ontwikkeling van die onderwysers wat in die praktyk staan. Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys is die implementering van professioneleontwikkelingsprogramme van groot waarde omdat dit die skoolstelsel transformeer en vernuwe. Volgens die Departement van Basiese Onderwys moet onderwysers en skoolhoofde die belangrikheid van professioneleontwikkelings-programme insien omdat dit waarde tot die opleiding en ontwikkeling van onderwysers kan toevoeg. Wanneer 'n professioneleontwikkelingsprogram ontwikkel word, is dit belangrik dat daar met groot sorg besluite geneem word, veral in terme van wie die professioneleontwikkelingspro-gram moet aanbied en bywoon, wat as deel van die professioneleontwikkelingsprogram ingesluit moet word en hoe die spesifieke program aangebied moet word. Buiten hierdie hoofaspekte is daar ook ander aangeleenthede wat in ag geneem moet word vir die praktiese beplanning en aanbieding van enige professioneleontwikkelingsprogram. Die doel van hierdie artikel is om riglyne te verskaf vir die beplanning en aanbieding van 'n professioneleontwikkelingsprogram ooreenkomstig die WOM-model.

    Palavras-chave : Professioneleontwikkeling; professioneleontwikkelingsprogram; beplanning; model; werkswinkel; ondersteuning; mentorskap; beleid; infrastruktuur.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )