SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    KOTZE, Ernst. Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.635-655. ISSN 2224-7912.

    Die siening van taal as besit van die Afrikaanse taalgemeenskap, individueel en kollektief, word in hierdie artikel ondersoek en in verband gebring met die verskeidenheid van variëteite wat in die taalgemeenskap bestaan. Die vertrekpunt is die verskillende benaderings van die sosiolinguistiek, die intellektueelgoederereg en taalbeplanning tot taal as entiteit. In die laaste instansie word daar gefokus op die aard en funksie van standaardtaal as (dikwels omstrede) variëteit en die vraag of die herstandaardisering van Afrikaans as regstelling van historiese gebreke in die standaardi-seringsgeskiedenis oorweeg kan word. Dit blyk uit 'n ontleding van alle verbandhoudende faktore dat herstandaardisering 'n relatiewe begrip is en nie gelykgestel kan word aan demokratisering nie (vergelyk Kotzé 2011b), en daar veel effektiewer alternatiewe wyses bestaan om sprekersvariëteite van Afrikaans tot hulle reg te laat kom.

    Palavras-chave : taal as eiendom; taal en kultuur; taal en die reg; standaardafrikaans; gebruikersvariëteit; gebruiksvariëteit; taalnorme; taalnormeerders; Taal-kommissie; demokratisering; herstandaardisering; destandaardisering; taalbeplanning.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )