SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DOMAN, LCH  and  LE ROUX, A. Die oorsake van en bydraende faktore tot eensaamheid: 'n literatuuroorsig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.216-228. ISSN 2224-7912.

    'n Groot deel van die bevolking ervaar gereeld eensaamheid en dit word as 'n algemene verskynsel in die menslike bestaan beskou. Verskeie studies dui daarop dat jong mense veral vatbaar is vir eensaamheid. Eensaamheid word ook beskou as 'n risiko-faktor vir 'n wye verskeidenheid probleme wat 'n potensiële gevaar vir die mens se gesondheid inhou. Verskeie faktore wat 'n invloed op die mate van eensaamheid het, is ook kenmerkend van die Suid-Afrikaanse konteks. Rokach se model van eensaamheidsvoorspellers dien in hierdie studie as basis vir die ondersoek na oorsaaklike/bydraende faktore tot eensaamheid. Vryetydsbesteding soos televisiekyk en internetgebruik speel ook 'n rol in eensaamheid. Hoewel dit nie moontlik is om die ervaring van eensaamheid te ontkom nie, kan dit verlig en minder pynlik gemaak word. Aanbevelings rakende die ondersoek na bydraende faktore tot eensaamheid word gemaak. Kennis van die faktore wat 'n rol in eensaamheid speel, kan die impak van eensaamheid op mense se geestesgesondheid aansienlik verminder.

    Keywords : eensaamheid; Rokach se model; eensaamheidsvoorspellers; depressie; huwelikstatus; geloof.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )