SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 número1Struggles for African independent education and land rights on the Rand and the significance of the Tsewu court case, 1903-1905: A new analysis índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Historia

    versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X

    Resumo

    CHETTY, Suryakanthie. Walking the Tightrope: The President's Council, P.W. Botha and the Rhetoric of Reform. Historia [online]. 2023, vol.68, n.1, pp.113-141. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n1a5.

    P.W. Botha se antwoord op die ekonomiese krisis, burgerlike opstand en internasionale veroordeling teenoor Suid-Afrika in die 1970's en 1980's is as die "totale strategie" beskryf. 'n Aspek daarvan was 'n proses om hervorming in die apartheidstelsel te weeg te bring, om sodoende die uitdagings van modernisering en ekonomiese ontwikkeling die hoof te bied. Die Presidentsraad was 'n raadgewende liggaam wat deur Botha in die lewe geroep is om ondersoek in te stel en aanbevelings te maak aangaande hervorming in die sosio-ekonomiese en politiese sfeer waar die apartheidsideologie van rasse-segregasie ondermyn is. Bestaande uit vyf komitees, met afgevaardigdes vanuit uiteenlopende sektore van die Suid-Afrikaanse bevolking, het die Presidentsraad 'n aantal verslae gepubliseer wat die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig gestaar het, geïdentifiseer het, en maatreëls waarmee dit aangespreek kon word, aan die hand gedoen het. Die verslae het gefokus op opvoeding, demografie, swart verstedeliking, diskriminerende wetgewing en grondwetlike hervorming. In hierdie artikel word dié andersins verwaarloosde bron se ideologiese en intellektuele invloed ontleed om sodoende die moontlikhede en die perke van Botha se poging tot hervorming te beoordeel.

    Palavras-chave : Presidentsraad; P.W. Botha; apartheid; hervorming; modernisering; 'totale strategie'.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )