SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 número1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Historia

    versão On-line ISSN 2309-8392versão impressa ISSN 0018-229X

    Resumo

    HOYER, Cacee. Contested allegiances: Indian South Africans, passive resistance, and the 1947 royal visitto South Africa. Historia [online]. 2019, vol.64, n.1, pp.91-110. ISSN 2309-8392.  https://doi.org/10.17159/2309-8392/2019/v64n1a5.

    Hierdie artikel gaan die reaksies na van die Suid-Afrikaanse Indiese gemeenskap op die Britse koningsgesin se besoek aan Suid-Afrika in 1947. Ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog het die Afrika- en Indiese bevolkings van Suid-Afrika toenemend betrokke begin raak by militante of "radikale" politieke agendas. Die Natal Indian Congress (NIC) het so vroeg as September 1946 'n boikot van die koninklike besoek aangemoedig, op grond van hul destydse deelname aan 'n passiewe weerstandsveldtog gemik op die rassistiese en diskrimenerende wetgewing wat kort vantevore teen die Indiese gemeenskappe van Suid-Afrika aangeneem is. Die NIC het betoog dat, alhoewel hulle die koningsgesin eerbiedig, hulle nie hul besoek kon vier nie aangesien dit in teenstelling met die doel van hul veldtog sou wees. Desnieteenstaande, ten spyte van die NIC se voortdurende oproepe tot 'n boikot, het die Indiese gemeenskap in groot getalle opgeruk om die koningsgesin se besoek aan Durban in Maart 1947 te vier. Gevolglik plaas hierdie artikel die koninklike besoek in die middel van 'n bespreking oor die verdelings binne die Indiese gemeenskap wat gelei het tot die mislukking van Indiese weerstandbewegings in die laat 1940's en vroeë 19S0's. Ek betoog dat hierdie oomblik as voorbeeld dien van die onderskeie maniere waarop individuele Suid-Afrikaanse Indiërs sekere lae van hul identiteit geprioritiseer het, wat bepalend was in hul besluit om die politieke doelwitte van hul leierskap gedurende die hoogtepunt van 'n massaweerstandsveldtog te ondersteun of uit te daag.

    Palavras-chave : A.I. Kajee; Britse Ryk; Ghetto Act; Natal Indian Congress; Natalse Indiese Vereniging; passiewe weerstand; koninklike besoek.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )