SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without endDealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott" author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    KARAGEORGOS, Effie. "Educated, tolerant and kindly": Australian attitudes towards British and Boers in South Africa, 1899-1902. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.120-135. ISSN 2309-8392.

    Die Anglo-Boereoorlog het Australië se eerste ervaring van werklik gewapende stryd aangedui, met die deelnemende kolonies om as 'n "simboliese" bondgenoot van die Britte teen die skynbaar korrupte Boeremagte te dien. Mans het aanvanklik gretiglik aangesluit, aangesien hulle die Britse Ryk as hulle natuurlike bondgenoot beskou het, en die Boere as hulle vyand. Hierdie gesindheid, gekweek deur die atmosfeer waaruit hierdie mans na die Suid-Afrikaanse gevegsfront vertrek het, is aangewakker deur militêre houdings en Australië se pers wat Brittanje se bjingo-nuusblaaie nougeset nagevolg het. Na hul kennismakig met die ruwe Suid-Afrikaanse terrein het die houdings van die Australiaanse troepe teenoor andere op die gevegsterrein baie gou dramaties verander. Dit is deels weens die uiteindelike besef deur hierdie manne - van wie die meeste uit ,n landelike agtergrond afkomstig was - dat hulle meer met die Boere-vegters gemeen gehad het as met die Britse Tommies. Dit het meegebring dat talle Australianers die amptelike voorstelling van die Britse en Boeremagte deur die militêre en kommersiële pers afgekeur het deur openlik in hulle gevegsfront-briewe en dagboeke minagting vir hulle bondgenote en bewondering vir die vyand openbaar het. Dit daag tradisionele persepsies van koloniale magte in hierdie oorlog as synde lojale Britse onderdane uit en bied 'n alternatiewe gesigspunt van Australiaanse identiteit rakende die Suid-Afrikaanse slagveld

    Keywords : Anglo-Boereoorlog; soldate; Australie; Brittanje; Suid-Afrika; identiteit.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )