SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    MALIEHE, Sean. An obscured narrative in the political economy of colonial commerce in Lesotho, 1870-1966. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.28-45. ISSN 2309-8392.

    Hierdie artikel ondersoek die politieke ekonomie van koloniale handel in Lesotho (toe Basoetoland genoem). Daar word geargumenteer dat die politiek-ekonomiese narratief, hoewel deurslaggewend en geskik, as sodanig beperk is as 'n verklaring vir ander dinamiese verskynsels wat Lesotho se koloniale handel bepaal het. Dit skets 'n radikaal vereenvoudigde bipolêre prentjie waarin Europese en Indiese handelaars (sterker rolspelers) aan die een kant, en Basoeto-handelaars (swakker rolspelers) aan die ander kant, in antagonistiese silo's opgetree het. Deur van historiese rekords gebruik te maak, en met politieke ekonomie as 'n konteks, identifiseer die referaat die bestaan van 'n dialektiese en veelvlakkige verhouding tussen hierdie twee kategorieë.Dit het gemanifesteer in die onderling afhanklike en onontbeerlike verhouding tussen individue se daaglikse ekonomiese pragmatisme en kollektiewe politieke aktivisme. Dit is 'n onderbeklemtoonde katalisator wat daartoe bygedra het om die land se sakelandskap in die koloniale tydperk te bepaal.

    Keywords : Basutoland; Lesotho; koloniale handel; politiek-ekonomiese benadering; dialektiese benadering; politieke aktivisme; monopolie.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )